ware woning (SILWER)
ware woning
Sondag is soos sproeireën na die week
as die wêreld se voetval stiller word
en doudruppels sagte seën uitstort
weet ek: die Sabbat het aangebreek
met opwinding gaan ons na Sy huis
soos dit duidelik sê: die kleine kind
sal vreugde by hul mammas vind
so kom ons by strome van seën tuis
die stormwind-dae wat huilend raas
verwoes vrede wat hul pad kom kruis
om weer uit te woed en tot rus te kom
in sagte sproeireën-seën met geen haas
vind ons ons ware woning: in Sy huis
is ons soos klein kinders, tuis in Sy heiligdom
©Marlene Erasmus
31/08/2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek