reguit draai
om reg wes van oos te draai
is soos om reg suid van noord te draai
die moeilikste ding in die lewe om heeltemal
van rigting te verander – een honderd en tagtig grade
om voor te begin, van nuuts af weer onder te begin
weer as nuutjie, roof of inkommer te begin
hoeveel keer het jy dit moes doen
het jy daarin geslaag
wat moes jy los
agterlaat
wat het jy gewen
moes jy nuwe beginsels
nuwe morele waardes aanvaar
dié lewe wat altyd gelykmatig bly
wat nooit reguit draai nie
is vervelig en te soet
soos suiker op heuning
soos room op botter
veel beter is die reguit draaie
wat ervaring afdwing soos die sout
en peper op ‘n stukkie koedoe biltong
dit wat die lewe se nuanses smaak gee
dié lewe van voortdurende verandering
dit wat jy vandag ervaar
daarom dat jy reguit
moes draai
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.