Water van die siel
Water van die Siel
Deur: Ryno du Plessis
Emosies vol lewensbagasie dam in haar oë. Geen meer grasie vir enige spasie.
Glimlag kan die hart se sluise nie meer verbloem, trane vind hul eie weg.
So hard geveg, bly die seer maar net nie weg.
Sonder klanke praat jou oë, woorde skree bewoë.
Weggesteek in haar eie hart, verberg sy al haar smart.
©️ Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.