Ek wou net …
Ek wou net happy wees
my mooi aan ‘n waslyn hang
wat in die wind wapper
Ek wou liewer vertoef
onder die euphoria
van ‘n wit watte wolkhemel
wat positive thinking
my bring.
Ek wou
tienduisend keer
Norman Vincent Peale
se The Power of Positive Thinking
resiteer tot in my finale uur.
Ek wou ook my donker misken
Want ek was bang …
Ek was bang
die donker
wys my wat ek nie wil hoor nie
nie wil sien nie en nie wil voel nie
Toe gebeur April
‘n happening sonder reason
en nou sit ek alweer met ‘n hengse lot
dark poetry
In die kamer van my siel…
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.