Reisigers
Ons was twee reisigers
in die na nag …
jy met jou gebreekte skip
en ek ‘n drenkeling van pyn
maar ons het
mekaar se stories voltooi
in ink van eensgesindheid
in ‘n wêreld waar
ou vergete drome
ons enigste rigtingwysers
was in ‘n stikdonker nag …
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.