Dáái nag
ons het mekaar gevind
in die na-nag se ure
vol sigaretrook walms
en onopsigtelike snye
en die uur
dáái uur het
n self-proclaimed
victory oor ons
alleenloper status
geword
jy het my vet gevoer
met welriekende woorde
en jou swart hond
vir my verskans
Later … later
sou ek hom herken tussen
jou gevalle woorde
en die woorde wat
sprakeloos wou bly
my stilwees het gewonder
oor twin flames
sinkronisasie
en waarskynlikeid
en die nag
dáái lang donker nag
het my hele lewe
ingrypend kom verander
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.