oordeel
“die oordeel, kom jou nie toe nie”
waar hy alleen in sy kamertjie sit
sy sig verberg in hewige liggaamlike mis
strek sy denke van heinde en verre oor velde
wat deur skeure en dale vol riviere ploeg
hy het nie gevra om oud te word nie
dit het sommer net gebeur, en so die blindheid
deur die jare het die makulêre degenerasie gekom
dit het hom stadigaan vervreem van almal
sy kinders was daar vir hom en sy vrou
toe sy weens kanker die lewe verlaat was dit net hy
sy huis moet gaan – sy herinneringe daarmee saam
in sy kamertjie, goed versorg – maar eensaam
wie is ek om te oordeel – die vereensaming van ’n man
wie is ek om vinger te wys – na dié wat wik en wyk
waar sal sy hulp vandaan kom – van sy Here
die ewige Vriend, Verlosser en Vertrooster
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.