argloos
niks vermoedend
sonder om iets te verwag
gebeur dit net – oor en oor
dieselfde godskreiende wreedheid
weer – en – weer, sonder gewete
slegs met die vrees om gevang
en gestraf te word
geen morele
kwessie
slegs
harde
sinnelose
moord – op – moord
gileaditiese bloedsug
sielloos sonder empatie
so asof lewe nie meer
‘n stuiwer
werd
is
nie
hoe
lank nog
sal hierdie
barbaarsheid
hoogty vier
hoe lank
nog
my Heer
voor U ingryp
die distels
van die
graan
skei
© Tearlach.
argeloos – niks vemoedend
argloos – sonder morele skrupels of sonder “arg” (skaamte)
Gileadities (of bloeddorsig): Gedrewe deur ‘n wrede drang om bloed te vergiet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.