Jongste aktiwiteit:

Viool

 

 

hoe kan dooie hout so helder praat
en eeue se geheime sag ontwaak
dit is die gees wat aan stilte raak
’n fyn akkoord wat alle tyd verlaat

 

of dit nou nuut is of uit gister se waak
dit weef ’n spoor wat diep in ons bestaan
om elke donker vrees te laat vergaan
en heling in ons brose siel te maak

 

die boog trek traag sy ryk en sagte spoor
wat deur die doolhof van jou peinsing gly
dit bring ook vrede wat die mens verloor

 

dit lig swaar gedagtes uit die stof
om sodoende jou binneste te bevry
en rig ons drome op na ’n hoër hof

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed