Jongste aktiwiteit:

ROMANTIESE WINTERSAAND

Misterieus

Teen
die donkernagruite
Trek die sneeuvlokke
nat strepe
teen die ruite.

Grou en grys
lyk die nag,
geen sterreprag.

Langs my sit sy
asemrowend mooi
spierwit rok
en lippe rooi getooi.

Rooi kunsblom
in haar blonde hare
wat golwend
blinkend
satynsag
in krulle
op haar skouers neertuimel.

Kaggelvuurvlamme
se lig teen die mure
verdryf die koue
in die nagure.

Vrolik
dansend
die lig oor haar hare
laat die bloed
jaag deur my are.

Haar lippe lokkend
myne smagtend na hare
Sy bied hulle vir my aan
dis joune …

Warm en soet
proe dit wanneer
ons lippe ontmoet
in passie
wat versnel en tyd nie laat tel.

In die agtergrond
die strelende musiek
vorm aan die atmosfeer
‘n eie mistiek.

Wanneer lippe wegbreek
en sy in my oë kyk
weet ons albei
die nag gaan te kort wees om
aan die ontluikende liefde
reg te laat geskied.

Dartelend vlieg sy op
duiweltjies dansend in haar oë
gryp my hand
en trek my op
om saam met haar op musiek
weg te sweef.

Laggend sak ons later neer
om honger lippe te laat ontmoet
jagende bloed deur die are
emosies wat versnel …
weet ons dat ons
bymekaar hoort.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed