Jongste aktiwiteit:

April 2022 – En toe … projek

Beste INKers

Die oorhoofse tema hierdie maand is: “En toe?…”
Elke afdeling het spesifieke opdragte en dit gaan streng gekrit word.

GEDIGTE:
1. Nie meer as 12 reëls nie.
2. Maak gebruik van ‘n vasgestelde rympatroon. (Dit is jou keuse hoe só ‘n patroon sal lyk)
3. Jou titel mag NIE “En toe?…” wees nie.

GORREL:
1. Nie meer as 400 woorde nie.
2. Gebruik die tema om iets oorspronliks te skryf.
3. Die titel mag nie die tema wees nie.

ARTIKEL:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n groot geskiedkundige gebeurtenis wat deur ‘n enkele daad veroorsaak is.
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

RUBRIEK:
1. Nie meer as 450 woorde nie.
2. “En toe?…” “lag die skare!”
3. Jy mag nie die tema as ‘n titel gebruik nie.

VERHALE:
1. Nie meer as 800 woorde nie.
2. Gebruik die tema om ‘n verhaal te skryf.

Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed