As my …
As my spraak stukkend krummel
en my trane inmekaarsak in‘n kobalt meer
Laat my knieë kniel in die reënboog krip
Van jou woorde boord van weleer
As my wêreld soos vaalgrys ontnugter
sonder die betowering van koraal
Laat my die saligheid verkry
wat die somerson in jou glimlag straal
As my geloof verklein in die verval
wat teleurstelling se lied sing
Laat ek padlangs hoop ontdek
in die pelgrimstog wat jou arm bring
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.