November blues
Kom bou ‘n katedraal in
die soewereiniteit van my kaalvoet siel
En hou my vas as my wegloper son
uit sy kringloop val
Vee die pad skoon tot bo in my hart
Rank dan sagwees aan my staaldeur se kosyn
en hou my vas as die lekplek in my geloof
my aarde onder my voete uittrek
Strek my hoop se radius verby sy grens
soom my somer wolk met genade om
En hou my vas as my uitsig ruit
In November blues verdof
©Sonja Peacock -2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.