Jongste aktiwiteit:

Bevry is ek en jy….

Ongenaakbaar skerp
soos wat rede is
penetreer
die waarheid deur

jy mok my
kom maak amok
deur die grensdraad
van dit wat my in staat stel
om te funksioneer

jy forseer jouself
deur
al staan ek paraat en
probeer jou dood staar

die waarheid kan my net sowel
eerder insluk
en die leuens dood gaan
en ek herlewe word

die teenstelling van dit
wat ek doelbewus
probeer vryspring
lê nou oop
vir jou om te sien

my binnegoed
meng met dit wat ek voel
en nie moet voel

en terselfdetyd wat ek vir jou wil sê
maar my beter wete
sluk my in

en ek is naar want
dit wat ek voel
kan ek nie sê nie

gesmoor in die dood
van al my sterftes
en ek glimlag sag

terwyl ek jou
met sekerheid antwoord
dat ek jou al lankal vergewe het.

© C. Holder
© 2016




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed