wind in my hare
ek soen die wind wat waai
my hare ligtelik deurmekaar
ek trek op in bloue lug en sweef
my hele wese ruik die vars seelug
golwe van verandering spoel
ek staan vas op my duin
Rots waarop ek staan
sal nooit vergaan
hoe soet is wind
koel omhelsing
sy hou my vas
en dra my
voort
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.