AD Keet
Muskiete jag Jou vabond, wag, ek sal jou kry, Van jou sal net ‘n bloedkol bly Hier teen my kamermure. Deur jou vervloekte gonsery, Deur jou gebyt en plagery Kon ek nie slaap vir ure. Mag ek my voorstel, eer ons skei, Eer jy die doodslag van my kry – My naam is van der […]
ID du Plessis
Rietfontein By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom, En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel oor die stroom, Word op maanverligte nagte nog ‘n sombere tafereel Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel. Wit is die water En blond is die maan, En bly is die paar Wat gearmd daar gaan, Versilwerde […]
TOTIUS
Repos ailleurs (Die rus is elders) In die eensame veld staan ’n tentjie klein, en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein; ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn, ’n tafel met bordjies en glasies fyn, wat sag in die lig van die kersie skyn, en ek dag: “Was ek net in […]
C. Louis Leipoldt
Die Slamaierwinkel In ‘n gat daar onder die sukkeldoring Het ‘n dwergie-man sy huis. Die mure daarvan is goudgeel klei, En die vloer van silwergruis. En die lampe is klein vuurvliegies, Wat skitter soos sonneskyn As die groen van die skemeraande val En die son se glans verdwyn. Die stoele is bergkristalle, Wat onder die […]
Antjie Krog
ODE VIR ‘N ANDER LEWE ek wil ‘n ander lewe hê ek wil in ander strate loop ek wil in ander stede met ‘n lift ry en uitstap op ‘n nuwe vloer in ander supermarkte wil ek ander kos van ander rakke haal ek wil ander tande hê ek wil rokke dra en ligte geel […]
AG Visser
AMAKEIA In die skadu van die berge, bos-beskut aan alle kant, staan alleen die hartbeeshuisie op die grens van Kafferland. Saggies neurie Amakeia op die wal van Kei-rivier, tot hy slaap, die tere wiggie van die blanke pionier: “Stil maar, stil maar, stil Babani; kyk hoe blink die awendster. Niemand sal vir kindjie slaan nie […]
Breyten Breytenbach
Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie. Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek weet al die jagters sal dink dis die son. Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder en waar […]
DJ Opperman
Vakansiebrief Voor my in ‘n mispel kras drie kraaie; my dae verdwyn in stiltes soos kwartels in lang gras. Vanoggend toe ek erdwurms soek, raak ek oor ‘n fossiel verstrooid soos oor ‘n bladsy uit ‘n muf dagboek. ‘n Ou meid lę langs haar skerm, die wange weggesak, haar oë reën en sand in holtes […]
Eugene Marais
Winternag O koud is die windjie en skraal. En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, […]
F.W. Reitz
Klaas Geswind en syn perd As jy misskiin nog met jou maat, Bo in di dorp sit lag en praat; Fergeet jy, jy moet huis toe gaan, Anders sal Elsi fer jou slaan; Sy sit al by di fuur en brom: “Ek kry hom, soos hy huis toe kom.” Jammer dat mans so selde hoor, As hulle frouens fer hul knor; Dit is mar so: “Hul kan mar praat, Ons luister tog ni na hul raad.” Dat dit so is het Klaas Geswind Een donker nag ook ui