Biosfeertafereel (opdrag 8)
Biosfeertafereel (opdrag 8)
1. Die Biosfeertafereel is ’n ritmiese gedig waarvan die strofes 6 lyne lank is. Enige aantal strofes kan gebruik word.
2. Dit beskryf landskappe en/of gebeure wat met natuurlewe te doen het.
3. Die rymskema is baie spesifiek nl. abcddb
4. Die derde skryflyn van elke strofe moet ’n baie sterk ooreenkoms met mekaar toon.
Gariepdagbreek
Bo die groot Karoo
waar die skadu’s diep
agter donker heuwels, ver
vlug ’n raafswart kraai
met ’n wye draai
en verdwyn oor die Gariep.
As die nag se blou
goud en oker raak
bo die purper heuwels, ver
swerf ’n sekelmaan
in sy wentelbaan
oor skemervelde wat ontwaak.
In die son se vlam
wat oor vlaktes vuur
voor vaalbruin heuwels, ver
rooi die stoppelgras
– wat pas nog duister was –
in die geboorte van die uur.
© Carma Shaw
28 Augustus 2018
9 Kommentare
-

Elroux
WOW goed gedoen Carma
-

Carin Erasmus
uitstekend!!
-

Callie Vermeulen
Pragtige gedig en goeie skepping Carma.
-

Loretta Szikra
Wow Carma, dis prentjie pragtig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie