Jongste aktiwiteit:

Brief aan die lewe

Brief aan die lewe

ek staan in jou tuin
in die koeltes van donker
jou wortels in my
om my
vasgeanker
as twyfel en bang
om my reën
waar my lugwortels
verdor
lag jy my helend toe
jy gee my woordskatte
wat vrese wegtoor
jy vul my leemtes
waaruit woorde stroom
jou lafenis
om my dors te les
met woorde
wat diep binne is
liewe lewe
dis geen ideale wêreld
sonder die loop
in my drome
jy, die stil getuie
van my elke dag




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed