Vanaand is my bid
Vanaand is my bid
tot die spyskaart
van die lewe gerig
die proe aan
die soet en suur
die bitter en die goed
die nagmaal van
breek die brood
drink die wyn
ek praat my praat
en proe die soutwater
en ek wonder
is dit die spice for life
wat die geur gee
my proe
my keuse
my praat
ek roep sela
met die seëngebed
voor ek die spyskaart van bo tot onder
deureet.
Dit was goed
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.