Iewers tussen-in
Iewers tussen
die-grys-en-swart
van die nag het
ek ver-dwaal
tussen die oop
gesperde
skeefgedraaide wysers
van die uur
waarin ek wou skryf van
die uitgebrande patrone
wat skadu’s
roekeloos rondgooi
ek wou skryf
van woordbewegings
wat swaarder weeg
as my pen
hoeveel keer
meer-en-meer
my tong in
woorde doop net
om weer my
lippe te sluit
in die dowe uur
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Hou hiervan