Vanaand
Vanaand
roep die klokke
diè klokke van jou
diè marmer
diè onthou
diè ruk aan die hart
diè pluk aan die brein
die uit-roep wat soekend
waarom tog
want as die dag-breek
koes-terend om my weer-leef
in staatsie staan
is die blik reguit
en die stroewe stilte
die weer-weer-weer besef
jy is daar
nie-meer-hier-nie
en dis waar
ek skryf
ek skryf
ek skryf
tot my
asem laat gaan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.