Ek wil
Ek wil
die seermaakdae
in n raam bêre
uitstal om vastrapplek te kry
die seisoene omruil
sodat somer kan verbleik
lente wil ek inroep
om die leemtes te vul
en miskien sal die horisonne in purper bloei
om diè eendag
volkome te maak
waar al die seermaakdae
na God gaan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.