Bytjie se soetliefiestroop
Die bokmakerie gaan sit
op die energiebal se blomme
en koes-koes vir die heuningby
wat suinig sy soetliefiestroop
maak daar eenkant in dié blom
beklee in stuifmeelstof,
daar verder roer die
energiebal se arms
die yamabuki se tuiste
in die vroeë dou ure,
waar hy rustig sy ogies oop fladder
en droom vir bytjie se soetliefiestroop ,
heuningbytjie vlieg swaar na
die korf van eeue generasies
en deel liefs sy soetliefiestroop
vir die jong uit.
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Mooi geskryf lekker lees en goeie karaktiseering.Wat is die energiebal en yamabuki? Vind dit heel interessant.