Jongste aktiwiteit:

DAAR’S ‘N KAMER IN MY HUIS

Daar’s ‘n kamer in my huis
waar die son nooit skyn
Dis die kamer in my huis
waar my hart verdwyn

Daar’s ‘n kamer in my huis
maar die deur is gesluit
En die sleutel van die kamer
is die liefde van my bruid

Daar’s ‘n kamer in my huis
Waar die donker bly
Want my sonligdae
Is vergoed verby

Daar’s ‘n kamer in my huis
Waar my seer loop lê
Dis die kamer in my huis
Waar ek jou nag kon sê

Daar’s ‘n kamer in my huis
Wat geen rus kan bied
Dis die kamer in my huis
Sonder ‘n liefdeslied

Daar’s ‘n kamer in my huis
Waar die son nooit skyn
Dis die kamer in my huis
Waar my hart verdwyn…

© Anton Bosch 08/12/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed