Jongste aktiwiteit:

DIE GROET

Ek kan die wolke nie vir jou aanraak nie
Ek het probeer maar kon jou nooit bederf nie
Ek kan die son ook nie vir jou gaan pluk nie
En ook nie doen wat jy so graag wil hê ek moet nie
Ek kan die sterre in ‘n mandjie jou nie gee nie
Wat jy so graag van my wil hê, kan ek nie doen nie.

Tyd kan ek nie terugdraai nie
Ek kan jou jeug nie vir jou teruggee nie
Die plooie om jou oë uitvee nie
Die hartseer in jou kyk nie laat verdwyn nie
Die braakland kan ek nie in groen omtower nie
En oes sonder die saad, die kan ek nie.

Ek kon jou gedagtes nooit ooit lees nie
Het nooit geweet wat jou so jaag en wat jy vrees nie
Ek kon jou dus nooit help nie
Jou drome vir jou vang nie
Met my arms kon ek jou nie vashou nie
Jou veilig hou teen al jou seer en bang nie

So laat ons dan nou groet hier waar ons paaie skei
Ek wens vir jou ‘n witperd ruiter om jou lewe om te toor
Ek hoop hy het die wysheid om jou gees te begelei
Wanneer jy wispelturig dreig om rigting te verloor
Wat jou die pad kan wys sonder om te verdwaal
En jou die son kan gee voor donker jou oorval.

©Anton Bosch 31/08/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed