die monster
die monster
op die horison van die wêreld
loer die gevreesde vretende virus
wie sal weet wat die gevolge is
van Corona oftewel COVID-19
mensgemaak of natuurlik
die oorsprong sal ons nie weet
toe Dr Li die fluitjie blaas
gesmoor in sy baba-spoor
China die episentrum
kwarantyn in hospitaal
of gedwonge huisarres
eerste van vele stede
die virus moor en steel
vryheid en menselewens
die prys betaal so hoog
stilbly en toesmeer nie meer
maalkolk draai en kook
geen keer meer aan
die kake van die virus
wat wreedaardig woel
markte tuimel en reise stop
alle voorsorg gou getref om
die dreigende monster te keer
in sy aanval op die mens …
©Marlene Erasmus
19/03/2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.