
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 4
HOOFSTUK 4
Stephen Morrison se eerste waarskuwing dat daar fout is is toe selfoon vier uur die middag lui. Toe hy antwoord sien hy dat dit die hekwag is wat hom skakel en antwoord hy: “James is daar n probleem”.
“Meneer, ek weet nie of ek nou verkeerd is nie maar mevrou Morrison het nog nie huis toe gekom nie. Sy is gewoonlik so eenuur terug. Ek het haar selfoon gebel om te hoor of alles reg is maar sy antwoord nie”, antwoord die hekwag.
“Dankie James ek sal haar ook skakel en hoor waar sy is en dan van haar vriendinne bel om te hoor of een van hulle dalk weet waar sy is”, en met die druk Stephen sy foon dood.
n Paar oproepe na haar vriendinne toe lewer niks op nie. As hy Rebecca se nommer skakel gaan dit dadelik op stempos. Stephen besluit om in die parkeer area te gaan kyk of hy haar motor daar kry. Hy spoor die Mercedes gou op wat verlate tussen die ander motors staan. Toe hy die Mercedes sien is dit of daar n koue rilling langs sy ruggraat afgaan, iets is verkeerd.
Hy gaan na die salon toe waar hy moet hoor dat sy al twaalf uur al daar weg is.
Stephen besluit om kolonel Louis le Grange, bevelvoerder van moord en roof en een van sy golf vriende, se hulp in te roep en skakel hom.
Die telefoon lui n paar oomblikke voordat le Grange antwoord en Stephen hom vertel wat aan die gang is: “Louis, Rebecca het verdwyn. Sy het vanoggend soos gewoonlik op n Vrydag haar hare laat doen en het sy nog nie huis toe gekom nie. Dit is baie snaaks want sy is n baie puntelike mens. Ek het haar vriendinne gebel maar niemand weet iets van haar af nie. Haar selfoon gaan dadelik op voicemail en ek het besluit om haar motor in die parkeer area te soek en het hom gekry. Ek staan nou hier by haar motor in die parkeerarea”.
Wel wetende dat hy nou met n hoë profiel persoon te doen het is le Grange se eerste gedagte dat Rebecca ontvoer is en dat daar n losprys ge eis gaan word.
“Bly net daar Stephen. Moet aan niks raak nie. Ek stuur een van my senior mannme dadelik uit, kaptein Kas Dreyer, wag net geduldig. Gee my net die adres waar jy nou is”.
Nadat Stephen die adres gegee het skakel le Grange dadelik vir kaptein Kas Dreyer, al man wat hy vertrou om met so n hoë profiel man te werk.
Kaptein Kas Dreyer is sommer ergerlik toe sy selfoon lui en hy sien wie dit is maar antwoord: “Ja kolonel”.
“Kaptein, Stephen Morrison het my nou net geskakel. Hy staan by sy vrou se verlate Mercedes in die parkeer area van die New Acarde inkopie sentrum. Ek wil hê jy moet soontoe gaan en die nodige doen. Ek kry die gevoel dat sy dalk ontvoer is en dat daar later n losprys ter sprake gaan kom en kaptein…dit is een van die groot manne in die sakewêreld hierdie, hanteer hom tog maar met handskoene en vertel hom reguit hy moet die pers uit hierdie ding hou want dit kan net ons ondersoek ernstig belemmer”.
“Reg kolonel ek sal hom met watte hanteer”, antwoord Kas en druk die foon dood.
Le Grange kan vir n paar oomblikke nie besluit of Dreyer nou sarkasties was nie maar laat dit daar.
Kas is egter vies want hy wil nou eerder huis toe gaan waar rooikop Annetjie vir hom wag. Sy was ook n speurder tot sy en Kas getroud is maar het toe voltyds huisvrou geword. Sy is egter nog in die reserviste mag.
Kas Dreyer kry vir Stephen gou waar hy langs die Mercedes staan. Dit is duidelik vir Kas dat die man op sy senuwees is en nadat hulle gegroet het bekyk hy die Mercedes aandagtig. Dit lyk egter nie of daar met die motor gepeuter is nie en is Kas se eerste vraag: “Meneer Morrison het jy n spaar sleutel om die motor hier weg te kry”.
“By die huis het ek een maar ek sal die voertuig met die hulp van een van my personeellede kan kom haal as ek die voertuig mag verwyder”, antwoord Morrison.
Kas skud sy kop: “Ek sal graag eers forensies by die voertuig wil kry dat hulle kyk vir vingerafdrukke, nie dat ek dink dat hulle iets sal kry nie. Daarna kan jy die voertuig verwyder”, antwoord Kas.
“Meneer Morrison ek het n vermoede dat jou vrou ontvoer is en dat daar n losprys ge eis gaan word. Ek dink jy kan solank die spaar sleutel gaan haal en iemand bring om die voertuig te verwyder terwyl ek op die forensiese mense wag”, spreek Kas vir Stephen aan terwyl hy die forensiese mense ontbied.
Forensies vind niks op die voertuig nie en kan Morrison die Mercedes verwyder. Kas gaan saam met hom huis toe om n paar vrae te vra maar word ook niks wys uit sy vrae nie. Volgens Morrison is sy n baie gewilde vrou in die sosiale kringe waarin hulle beweeg. Sy is n uithaler gasvrou en moes hy nou dringend n ete afspraak met n sakevriend kanselleer en dat hy nie kan dink aan iemand wat Rebecca kwaad wil aandoen nie.
Toe hy vertrek praat Kas ernstig met Morrison: “Meneer Morrison as dit ontvoering is gaan die ontvoerders met jou in verbinding tree. Jy moet my asseblief dadelik laat weet. Ek sal more reël dat jou telefoonlyne getap word want dit is nou te laat om dit te reël. Luister fyn wat hulle eise is maar dit sal maar geld wees en ek vermoed n groot bedrag ook. Sê vir hulle dat jy moet reël om so n bedrag bymekaar te kry. Speel vir tyd sodat hulle weer moet skakel om te hoor of die geld gereed is en reëlings wil tref vir die ontvangs van die geld”.
Kas reël reeds vroeg oggend dat al Morrison se lyne getap word en toe hy die saak met kolonel le Grange bespreek kom hulle albei tot die slotsom dat Rebecca Morrison ontvoer is en dat daar n losprys ter sprake gaan kom deur die loop van die dag.
Onbewus van die Morrison drama gaan neem die speurdertjie wat Paul Coetzee se klag moet ondersoek nog n verklaring by Coetzee af maar gee nie veel verdure aandag aan die saak nie.
Rebecca se verdwyning kan egter nie dig gehou word nie en begin haar vriendinne deur die dag vrae vra omdat hulle niks van Rebecca hoor nie.
Morrison kry hulle egter gerus gestel met die verskoning dat sy dringend moes Israel toe gaan en word die saak uit die pers gehou.
Ook Shireen hoor niks van Morrison nie. Hy besoek haar ook nie want hy is te bang om die huis te verlaat saans in geval die ontvoerders bel om hulle eise te stel.
Shireen moet maar tevrede wees met Morrison se antwoord dat hy besig is op die oomblik to sy hom skakel om uit te vind wat van hom gewoerd het. Dit is net vir haar snaaks dat Morrison nie n woord oor Rebecca werp nie maar dit stel haar ook in n mate gerus want as hulle Rebecca se liggaam al gevind het sou sy dit van Morrison verneem het.
Na drie dae se stilte begin Kas Dreyer ongerus raak. Ontvoerders wag nie so lank om hulle eise te stel nie en dit laat net twee alternatiewe oor. Of sy het net vrywilliglik verdwyn of sy is vermoor. Roof is nie n opsie nie want dan sou hulle haar in die parkeer garage al geroof het.
Ook toe hy haar bankrekening nagaan is daar geen teken dat daar geld uit haar rekening onttrek is nie en is daar ook geen teken van betalings wat gemaak is nie. Die laaste betaling is aan die salon gemaak op die dag wat sy verdwyn het.
Die feit dat sy nie haar kaart gebruik nie wil die verdwyn teorie ook nie lekker laat werk nie en Rebecca is tog n vrou wat alles in die lewe het. Dit laat die aaklige vermoede by Kas posvat dat sy vermoor is en haar liggaam êrens weggegooi is.
Sielkundig berei Kas homself voor hiervoor maar hy noem dit nie teenoor Morrison nie en probeer hy die man positief hou.
Wat Kas se vermoede versterk is die twee oproepe wat Shireen gemaak het en begin hy wonder of sy dalk Morrison se minnares is. Dit was kort oproepe waarin Shireen slegs vra wanneer sy hom weer sien waarop hy net kort gantwoord het dat hy besig is en haar sal skakel.
Dit kon net sowel n sake oproep gewees het want die kry Morrison baie maar daar is iets aan hierdie spesifieke twee oproepe wat Kas bly pla.
Ook kolonel le Grange begin tot die gevolgtrekking kom dat Rebecca Morrison dalk vermoor is en haar liggaam êrens weggegooi is maar waar begin mens sonder enige leidrade na n lyk soek.
Al wat hulle kan doen is wag tot iemand haar liggaam ontdek en dit rapporteer.
Kolonel le Grange sit ingedagte en dink oor die twee oproepe wat hom pla en dan antwoord hy: “Kaptein, dit kan dalk wees dat Rebecca deur n minnares vermoor is om haar uit die pad te kry. Morrison is n Jood en hulle geloof erken nie egskeidings nie en as hy Rebecca sou skei gaan sy die helfte van alles kry wat hy het. Ons moet uitvind wie hierdie minnares is en dat het ons die moordenares ook, dan is dit net n kwessie van bewyse kry”.
Le Grange swyg n oomblik en dan noem hy dit: “Dit skakel natuurlik glad nie Morrison uit nie. Hy kon dalk n moordenaar gehuur het om van Rebecca ontslae te raak en dit gaan net so moeilik wees om te bewys”.
Kas kyk le Grange met n frons aan en dan glimlag le Grange: “Weet jy wat is jou problem kaptein? Jy is te goed gelowig. Jy is n stadige speurder maar jy kry jou man gereeld en dit maak jou een van die bestes. Hou maar die gedagte van n minnares in hierdie drama in gedagte”
Kas antwoord nie maar staan net op en tel die dossier op om na sy kantoor toe te gaan. Eintlik voel hy bietjie vies vir sy bevelvoerder maar moet hy maar sluk.
4 Kommentare
-
-
Kiekies
Mmmm ek gou lekker gelees aan die laaste 2 hoofstukke! Enige iets is moontlik van hier af...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dit raak nou rerig interessant , heerlik gelees Neels en ek wag in spanning vir die res