Jongste aktiwiteit:

Die Recce

Dit is 10 Januarie 1986. Suid-Afrika is in ’n hewige grensoorlog gewikkel. Glimmend soos ’n paling in die maanlig, lê die aanloopbaan op Mpacha lughawe in die stilte van die nag. Vel-blink gekleed, staan drie Vlossies gereed om te vertrek. Die Skrillende bevel van Luitenant Welgemoed rasper die rustige ritme van die nag in skerwe. Soos skimme hardloop die Recces in gelid na die Vlossies. Aan boord hang ’n amper heilige stilt, niemand rep ’n woord nie. Bykans geruisloos gly die drie Vlossies, oor die aanloopbaan en bestyg die stilte van die nag.

Onseker oor wat op hulle wag, is die Recce besig met sy eie gedagtes. Hy wonder hoekom hulle so groot groep soldate is vir hierdie operasie? Gewoonlik word hulle twee-twee of hoogstens in ’n groep van sewe uitgestuur. Op sy rug is sy valskerm en geweer en in sy patrolliesak slegs, ’n kompas en ’n kaart waarop ’n ruitverwysing gemerk is.

Dan word sy gedagtes teruggeruk deur die bulderend bevel van die offisier in beheer, waarop die Recces na benede spring. Hy sug van verligting toe sy voete vaste grond voel. Die nag lê geheimsinnig stil gekokon in die web van onsekerheid.

Skielik sopraan die oorverdowende geluide van Mirages die lug, en skeur die die karos van die nag in flarde. Moederaarde spartel vreesbevange om ontvlugting uit die kookpot van verwoesting, terwyl bomme onafgebroke op haar bodem reën.

Dan, soos in ’n oogwink, is dit stil; onheilspellend stil. Die Recce hoor ’n hiëna koggelende lag; ’n jakkals wat hartroerend tjank. Hy sien aasvoëls wat geduldig wag en hy ruik die rook in die wind. Dit is stil om hom; senutergend stil. Hy ken al die simtome van gevaar …

Soos ’n woedende draak wat vuur spuug, altans so het dit vir hom op daardie oomblik gevoel, bars die hel in al sy fondamente los. Die lugfakkels van mortierbomme verblyk die naghemel; verdoof die sterre se lig en minag die traan van die maan. Is dít die oordeelsdag? vra hy byna hardop vir homself.

Vlymskerp kom die bevel: ‘Maak skoon die puin!.’ ’n Noodkreet verrys vanuit die puin: ‘Help my, samblief my … ’ Toe die Recce omkyk sien hy hom, swaar gewond in die slag, met sy bruin oë smekend in skuimwit poele van angs, daar waar hy op sy knieë staan.

Oor sy skouer hoor die Recce ’n geskerts en ’n gelag, asof hulle in ’n bedrywige kroeg is, terwyl die vyand knielend, vreesbevange om genade smeek: ‘Help my, samblief my … ’

Die Recce worstel met sy emosies. Nog voor hy behoorlik tot verhaal kan kom, knal daar ’n skoot soos ’n bliksemstraal vanuit die niet, en tref ‘help my, samblief ’ tussen die oë. Stukkies vlees en been en bloed spat oor die Recce se gesig. In ’n staat van skok, woede en ongeloofsak sak hy op sy knieë neer, terwyl hy saggies bid: “Heer; balsem hom in U genade o, Heer.

Bedwelm deur die reuk van kryt en verskroeide vlees prewel sy lippe: ‘skuus, ‘help my samblief.’ Ek was te laat om daardie bliksemse skoot te keer.’

‘Die dolosse het vannag vir jou en my deurmekaar geval; ek lê ook vannag my tuig as recce neer.’
——-ooo000ooo——-
(© Kopiereg: Pieter Mostert)
[Silwer]
NOTA: ‘Vel-blink’ is ‘N NEOLOGISME met verwysing na die Vlossie’ (Hercules-vliegtuig), se kleur.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed