en ek proe…
In sonligskynsel swymel ek
saam met somervlinders
wat swewend-saggiesstrelend
met suiwer sonligdou
kaleidoskopies kleure mat
terwyl die son frambroosvergroot
gunter agter vlootblouberge sak
en windswawels laag oor gras
en keur van kleur vir laas’ nog jag
eer die kim die son se strale snuit
Die vlindertjies het hul alreeds
aan skeut van fynbos vasgeheg
met bonte vlerkies toegevou
om rustig eenkant ongestoord
‘n koele slapie in te werk
en die wind haal rustig asem
as die aandster dofvêr blink
in die taan van die opslaangloed
as voorafskaduwing van nag
wanneer die melkweg sigbaar word
Net soos uit duisternis die lig
die Sewester en Oríon
bou Hý wat allerheilig loop
Sy solders in die hemelsfeer
om water oor die aard’ te giet
en naak van siel kyk ek omhoog
aanskou ‘n groter heerlikheid
ervaar in sien die wonderruim
glesloos geskape deur ‘Ek Is’
en proe hoe smaak die ewigheid
6 Kommentare
-
-
Anze
sjoe ek staan stil voor die grootsheid van hierdie gedig!!!!!
-
neels
Pragwerk afgerond met n pragfoto wat beslis tien goue sterre verdien
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Uit-bloemieng-muntende slot vir 'n puik gedig!