Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK 13

HOOFSTUK 13

Die begin van 1964 het nie veel gebring nie. Bethlehem het sy eerste klas 15F lokomotiewe gekry wat botallig op ander depots graak het met elektrifikasie. Bethlehem kon dus nou bekostig om van die goederetreindrywers ook van skakel lokomotiewe te voorsien. Met die koms van die 15F lokomotiewe het Hans ook afskeid geneem van Dick Lees wat met pensioen afgetree het en het hy weer saam met Jannie de Beer beland wie se stoker kollege toe is vir sy drywerskursus. 2927 is aan hulle toegesê en het die twee van hulle dadelik aan die werk gespring om haar in n uitmuntende toestand te kry. Elke slag nadat hulle afgeteken het het hulle nog n uur of twee aangebly om 2927 blink te kry. Vir n hele paar weke is n slapie vang wanneer hulle staan vir kruisings uit want dan word daar blink gemaak, en geverf.
Vir Hans is die meganiese stoker n nuwigheid maar as n gesoute stoker het hy die gou onder die knie gekry. Die grootste aanpassing was om weer terug te val op die goederetreine want die ure op die goederetreine was langer en ook meer ongereëld omdat Bethlehem se passassiers treine almal in die oggend of in die aand vertrek het. Hans gee egter nie om nie want daar is meer oortyd op die goederetreine en is hy weer saam met sy ou vriend en kon hulle dus ook meer saamkuier omdat hulle saam in is.
Die passasierstrein lokomotiewe het klas 15E lokomotiewe gebly.
Hans en Jannie se eerste rit op 2927 is dubbelvoorspan op 654 Kroonstad toe met n 15E vooraan.. Die loodsman, wat n stoker in Germiston was en meganiese stokers ken, het Hans gou kom touwys maak met die meganiese stoker en die stoker vir hom ingestel. Nadat hy die stoker ingestel het is sy afskeidswoorde aan Hans: “Moet onder geen omstandighede aan die spuitstukke stel voordat jy gekonfyt is met die stoker nie. Anders gaan jy moeilikheid optel en gaan sy die kole vir jou op n hoop gooi en jou met n ketel met koue kolle laat sit en jy gaan sukkel om weer die stoker gestel te kry”.
Hans neem die les ernstig ter harte alhoewel sy hande juk om bietjie met die nuwigheid te eksperimenteer.
Dit is met die wegtrek uit die werf uit met n swaar vrag steenkool wat die plesier van n meganiese stoker werklik vorendag kom. Waar daar gewoonlik krom agter die graaf gestaan is kan Hans vandag rustig sit en kyk hoe die wurm van die meganiese stoker die kole krakend en knarsend op die vuurplaat uitdraai en die stoom spuitstukke dit oor die vuurkis versprei terwyl hulle die stasie deurstorm met die geblaf deur die skoorstene wat n dik rookwolk op maat van die geblaf uitpomp. Witvere staan regop soos die veiligheidskleppe afblaas en die voorste stoker vang die tablet by die stasievoorman op die platform.
Hans se huis is naby die spoor en het hy die meisies vertel van die nuwigheid, met die gevolg dat hulle op die stoep staan toe hulle verbystorm want hulle werk nie, dit is Saterdagmiddag en hulle is by die huis.
Met n lang fluit waai hy vir die meisies op die stoep wat terugwaai en begin die klim Langspruit toe. Langspruit se sinjale kom na n ruk in sig en wys Hans vir Jannie twee vingers, buitehuis en afstand is bedien en storm hulle Langspruit deur oppad Meets toe waar hulle in die uitwykspoor ingaan vir n kruising.
Dat Jannie hoogs tevrede is met 2927 kan afgelei word uit sy opmerking: “Hans, sy is n bulperd moet ek sê. En sy bly witveer. Man ek is bly ons is weer saam”.
Toe hulle later op Valsrivier loko vat moes iets gebeur het want toe Hans die meganiese stoker aansit nadat hulle vuur skoon gemaak het is dit vir hom al of die spuitstukke nie die linkerkant voer nie. Hy is te bang om die spuit stukke te stel maar moet hy dit noodgedwonge doen. Tot hulle albei se verligting werk dit en staan hulle spoedig weer witveer, reg vir die pad toe die stasievoorman die Kaallaagte tablet na n kruising bring.
Hans is nou dapper en toe hulle in Kroonstad draai het hy die meganiese stoker bemeester en begin hy dit geniet om met die terugrit bietjie met die meganiese stoker te eksperimenteer. Hulle het n vrag leë petroltrokke aan en kan die 15E vooraan die vrag maklik vat as daar dalk fout kom en 2927 nie haar kant kan bring nie. Dit gebeur egter nie en teken hulle vier uur die oggend af, baie gelukkig en tevrede met 2927.
Jannie het natuurlik die Waelschert klepwerk geniet. Waar daar altyd moes omstellerwiel gedraai word vir vorentoe en agtertoe is dit nou net die hefboom langs die kant van die kap vorentoe en agtertoe stoot. Die stoom silinder op die loopplaat langs die ketel doen die omstel werk, ook as hy haar in 45 intrek.

Dit is ook die tyd wat die prokureur vir Elsabe laat kom. Hy het haar trust opgespoor en is daar n aansienlike bedrag in die rekening. Gelukkig is die trust onder die beheer van die weesheer en is dit nie n probleem om die trust rekening na hom toe te laat oorplaas nie. Sy het egter nie toegang tot die trust voor sy een en twintig is nie.
Op Marietjie se aandrang koop Hans vir hulle n Ford Anglia met so n skuins in agterruit. Gelukkig met die feit dat hy en Jannie nou saam is kan Jannie hom leer bestuur. Ronel neem weer die meisies onderhande om hulle te leer bestuur en is dit n groot dag toe hulle hulle bestuurders lisensies kry en is dit die eerste Sondag nadat hulle hulle lisensies gekry het wat hulle uitry tot op Boskop. Die huis en die opstalle is van die pad af sigbaar en sit hulle lank vir die huis en kyk tot Marietjie sê: “Eendag is eendag sal Boskop weer aan die Struwigs behoort, al vat dit hoe lank” en toe gaan sy aan die huil. Elsabe kry haar later vertroos en toe hulle ry staar sy nog lank deur die agterruit tot sy niks meer kan sien nie.
Met hulle terugkeer vra Marietjie dat hulle by die begraafplaas omgaan om hulle ouers se grafte te besoek.
Langs die grafte herhaal sy haar belofte wat sy vroeër die middag gemaak het hardop en vir Hans voel dit kompleet of n kat oor sy lewe geloop het.
Daardie aand skryf sy in haar dagboek: “Liewe dagboek. Ek het Boskop vandag weer gesien, al was dit net van die pad af. Ek het in my hart n eed geneem dat Boskop weer aan die Struwigs sal behoort en ek gee nie om hoe ons dit gaan regkry nie maar ek weet iets sal gebeur dat Boskop weer aan die Struwigs behoort.
Andries kom kuier nog so af en toe maar ek is bly hy aanvaar dat ons net vriende kan wees. Al is ek hoe jaloers op Hans en Elsabe en begeer ek ook iemand in my lewe besef ek net dat Andries nie daardie een is wat my hartsnare roer nie”.
Terwyl sy in haar kamer is sit Hans en Elsabe en gesels en is dit toe Elsabe teenoor Hans opmerk: “Hans ek is bekommerd oor Marietjie. Hierdie ding van Boskop terugkry is besig om n obsessie by haar te word en dit is nie n goeie ding nie. Sy praat gedurig oor Boskop en sy is besig om haar lewe weg te gooi vir n obsessie”.
Hans het nie werklik vir Elsabe n antwoord nie maar beloof tog om met Marietjie te praat. Hy voel ook dat dit tyd sal neem maar intussen gaan die lewe aan en is dit nie nodig om hulle jong lewens weg te gooi vir n obsessie nie.
Die gesprek met Marietjie loop egter op n nul uit en is haar kommentaar net: “Hans lyk my jy is besig om te vergeet van die belofte wat ons gemaak het. Ek kan jou verseker ek het nie en sal enigiets doen dat ons Boskop terugkry, al vat dit hoe lank”.
Dit is toe Hans vra: “Ek sien Andries kom maar min deesdae hier, wat het gebeur”.
Marietjie glimlag maar net toe sy sê: “Hy is nie die een vir my nie Hans. Moet jou nie daaroor bekommer nie, die regte een sal wel opdaag op sy tyd en dan sal ek hom vry dat sy ore hang, dit belowe ek jou. As jy dink jy en Elsabe kan n vuurwarm vryery op tou sit sal jy sien die dag as mnr. reg vir my opdaag, dit belowe ek jou”.
Die gesprek word kort geknip deur die roepman wat Hans kom roep vir sy trein en is dit nadat hy weg is dat Elsabe besluit sy gaan ook met Marietjie praat.
“Marietjie, jy is besig om jou jong lewe weg te gooi oor hierdie obsessie om Boskop terug te kry. Dit is ons almal se doelwit en ek is saam met julle daarin maar dit is nie nodig om jou jong lewe weg te gooi nie. Ek en Hans is gelukkig en ons leef vir mekaar. Ons gaan soms uit maar wil jy nie saam gaan as ons jou saam nooi nie. Hier is Andries maar jy het hom nou al so n koue skouer gegee dat hy feitlik nooit meer hier kom nie en hy vrek oor jou”.
Marietjie is dadelik op haar perdjie: “Jy kan maklik praat maar Andries is nie vir my nie en ek wil nie dat n verhouding my aandag van my doel met Boskop aftrek nie.
Boskop is my eindpunt en niks gaan my keer nie”.
Die gesprek loop uit op n heftige rusie en gaan albei baie ongelukkig na hulle kamers toe om te gaan slaap.
Voor sy in die bed klim skryf Marietjie in haar dagboek; “Liewe dagboek. Ek en Elsabe het vanaand n heftige rusie oor Boskop gehad. Sy en Hans reken ek is besig om my lewe weg te gooi vir n obsessie maar iemand moet hierdie doelwit aan die lewe hou. Elsabe en Hans is nie meer hart en siel in hierdie doelwit nie want hulle leef vir mekaar. Ek dink hulle wag net tot Elsabe een en twintig word om te trou en dan gaan hulle hulle aandag aan mekaar gee en seker wil kinders hê om groot te maak.
Dit is nie vir my nie want dan gaan ek alleen staan in die stryd om Boskop terug te kry. Daarom wil ek nie n man in my lewe hê nie want dan raak ek ook soos hulle en kan ek nie meer op Boskop fokus nie”.
Mei maand word Jannie en Ronel se dogtertjie gebore, die fraaiste ou rooikoppie wat jy kan dink. Lyk net soos haar ma en is Elsabe so broeis oor die kleinding as wat jy wil hê. Die res van 1964 loop normaal ten einde sonder enige besondere voorval in die Struwig huishouding en kom en gaan 1965 ook sonder enige opwinding. Hans bly vir Jannie stook en gaan die meisies elke oggend oor die spoor werk toe. Elke maand spaar hulle wat hulle kan en so een maal n maand besoek hulle die begraafplaas om hulle ouers se grafte te versorg. Gereeld word daar Boskop toe gery om die plaas van die pad af te besigtig.
Andries het heeltemal moed opgegee en steur Marietjie haar aan geen man nie en toe breek 1966 aan, die jaar wat hulle almal se lewens op sy kop omdraai.
Al gaan dit hoe moeilik slaag Hans en Elsabe daarin om die liefde in toom te hou. Baie aande gaan slaap hulle met hunkerende liggame en meer as een aand oorweeg hulle albei om na mekaar se kamers toe te sluip maar Marietjie se teenwoordigheid in die huis plaas n demper daarop.
Marietjie kom dit agter maar sy sê niks want soos sy in haar dagboek geskryf het is die laaste wat hulle nou wil hê n swanger Elsabe wat net kan komplikasies meebring omdat sy nog nie een en twintig is nie.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak