Jongste aktiwiteit:

Ek voel vere (Goud)

Deesdae voel ek ’n veer
vir elke bullebak
wat hom skuldig maak
aan hoogverraad;
die burokrate
en diplomate
van die hoipolloi-ras
wat traak-my-nie-agtig
hul handjies in onskuld was

ek voel vere vir die smulpape
wat ons landsvet (en grondwet)
met die binnevet opvreet
en dwaashartig maak
of hulle niks daarvan weet.

G’n flenterveer sal ek omgee
vir dié wat breekwater betree
maar wil tog met jou deel
dat jy ook geen dooie veer
van ’n padda sal pluk
vanweë die stommerik
– volbloed –
geteel is om te steel.

©Loretta Szikra




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed