
gemoed van ‘n digter
hoeveel sin jy maak
van jou eie aardse bestaan
gekleur deur jou geestelike stemming
plaas jou binne bestek van gemoedsgesteldheid
of jy ateis, ekstensialis of christen-teoloog is
jou eie ervaring van angs, vrees en chaos
kan steeds lei na ‘n gemoedsontlading
ontlaai jy uitbundig
wanneer jy sportgebeure bywoon
tydens emosionele teologiese byeenkomste
is jy selfbejammerend tydens swak gesondheid
jy bly ‘n unieke wese, verantwoordelik
vir jou eie dade en jou eie lot
jou gevoel van relevansie
in hierdie filosofie van jou gees
lê jou vermoë om te ervaar en waar te neem
beide jou sensoriese en kognitiewe kommunikasie
bepaal jou persepsie, waaksaamheid en bewustheid
‘n onvermoë om te ontlaai kan jou beinvloed
dit raak jou gewete, geheue
en selfs kennis en begrip
juis tydens jou gemoedsontlading
leer mense jou ken vir wie jy werklik is
waar jy vandaan kom, wat jou dryf en raak
dit is ook waar dat die introvert moeilik ontlaai
terwyl die ekstrovert dit lukraak kan doen
hoe meer inhibisies jy ervaar
hoe minder sal jy ontlaai
hoe ervaar jy, individu ‘n gedig
lees jy die digter se ontlading daarin
kan jy digter se gemoed daaruit bepaal
of verbloem die filters van taal en etiek
digter se agtergrond en omgewing
in soveel lae van beskerming
dat hy slegs ‘n skim bly
Ó Tearlach.
Eksistensialisme beskou elke persoon as ‘n unieke wese, wat verantwoordelik is vir hul eie dade en hul eie lot.
Bewussyn is die vermoë om te ervaar of waar te neem
Ateīsme is ‘n filosofiese uitgangspunt dat daar geen god/gode anderkant die ervare werklikheid en geen geldige begirp van God bestaan nie.
Sensories – verwys na al die sintuie – voel, ruik, proe, hoor en sig, asook die balanssintuig.
Kognitief – ‘n Term wat dui op aspekte en funksies wat verband het met die denke en idees
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ricco
Indrukwekkend Tearlach.