Gypsy Meisie
Gisteraand nog was ek ‘n goudgeel gypsy by die mark
vasgevang,
geweb
in die wind se liefdes kunstige warboel
toe skielik gaan lê die wind
onder my wye romp …
kom hang alles pap
soos ‘n doeklose seuntjie
in ‘n warboel tuimel ek
in my valskermromp terug
geneusring in my ronde oorbel
verwurg in my kopdoekserp
so, kom ek val terug in my eie vel
waar ek sterker is
as die gypsy in my kop
en die plat prinses in my hart
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.