Jongste aktiwiteit:

HEMELVAART

Vandag vier christene oor die wêreld hemelvaartdag. Wat beteken hemelvaart vir jou ?
Is dit net nog ‘n dag op die kalender of beteken dit in jou geloof iets vir jou ?
Hemelvaart, die dag wat Jesus opgevaar het om aan die regterhand van ons Vader te gaan sit.
So baie dinge het verander in die lewe. Met godsdiens uit skole verloor mense die ware betekenis van christelike gebeurtenisse en word daar meer waarde geheg aan sinnelose dae wat as vakansiedae bestempel word.
Nog ‘n dag is bygevoeg oor die bokke gewen het, dis vryheidsdag , jeugdag a en werkersdag en tog hou dit nie dieper betekenis vir ons in nie.
As ons christene nie ons christenskap met passie en gehoorsaamheid aan God in ons lewens beoefen nie gaan dit geinfiltreer word deur tegnologie en die euwels wat dit meebring. Ons het so besige lewe en is so hard besig om geld te maak dat ons nalaat om die aandag wat ons kinders verdien aan hulle te gee.
Dis vir vandag se ouers makliker om ‘n kind televisie te laat kyk of wat hulle wil op you tube, solank hul net nie onder jou voete is nie.
Dis juis hier waar Jesus sê, “bring die kindertjies na my toe moet hul nie verhinder nie”.
Tog is daar ‘n opdragt in daardie vers aan elke ouer.
Hy sê, “bring”.
Dit is ‘n werkwoord, ‘n opdrag aan elke ouer om jou kind van Jesus te leer en nie te los om die euwels te besoek deur sosiale media en kanale wat vir enige een oop is om te kyk nie.
Die wêreld het die speelpark geword van euwels op soveel terreine dat dit ‘n mens bangmaak, maar met Jesus in jou lewe het jy niks te vrees nie. Die wêreld het Hom eerste gehaat en daarom het Hy vir ons gesterf aan die kruis.
Ons vier vandag in ons harte Sy opstanding.
Kom ons doen weer introspeksie vandag en nooit Hom weer opnuut in jou lewe en in jou hart in.
Ons is net mens en het ‘n sondige natuur.
Word stil vandag en stort jou hart se storms in gebed uit , bely opnuut jou sondes en gee jouself oor aan jou verlosser.
Gebed:
” My Almagtige God en hemele Vader. Dankie dat ek opnuut kan bely en vergifnis vra. Here seën elkeen wat hier lees en U om vergifnis vra, Amen”.
@Loret Zwarts




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak