Jongste aktiwiteit:

Resensie: Die film, EEN-EN-TWINTIG GRAM

Die film: EEN-EN-TWINTIG GRAM

Voor die finans-krise al het ‘n ou Griek, ‘n ou, ou Griek, geskryf dat ‘n verhaal ‘n aanvang, ‘n middeldeel en ‘n einde het, Aristoteles? Sokrates? Die drie dele hoef nie in díe volgorde te verskyn nie, maar dis daar, dis bestanddele van die geheel. ‘n Feit. Menige storievertellers neig om met die einde te begin, of minstens êrens in die middeldeel kort voor die einde, en dan te vra, „Hoe het dit daartoe gekom?” Dis ‘n legitime manier om te vertel, en dis ook ‘n bewuste manier om die voornemende leser, die voornemende koper van die boek of koerant te lok: Naas die opskrif moet die eerste sin nie net ‘n blikvang wees nie, maar ‘n sekere aas waaraan die vis beslis gaan byt.

In 21 Gram is daar geen aanvang, geen begin nie: Dit loop so op een of ander manier aan met ‘n ry onsamehangende tonele met verskillende onverwandte toneelspelers wat verskeie onverwandte dinge doen en onderneem, en die toeskouer is so te sê op die grens, of hy gaan sê, „Nou goed, dit was ‘n verkeerde belegging, miskien red nog ‘n biertjie in die kroeg om die hoek die aand?” Maar dit ís ‘n taai raaiselspel, en niemand het uitgeloop nie.

Waar ís dan die begin? ‘n Siek man kry ‘n anonieme hart. Hy huur ‘n speurder om vir hom uit te vind wie is nou eintlik die skenker: Dis ‘n man wat saam met sy twee dogtertjies in ‘n motorongeluk omgekom het. Die veroorsaker het gevlug maar het later by die polisie aangemeld. Hy was ‘n voormalige „skollie”, sou ons sê, en het homself daaruit getrek en „skoon” gemaak. Ook hy het twee klein kindertjies en lewe vir die kerk wat hom uit sy misére gered het. Die ontvanger is getroud met ‘n vrou wat onvrugbaar is, maar sy wil ná ‘n operasie sy kind hê.

Stuk-vir-stuk word die legkaartjies aanmekaargelê, en die volle prent verskyn stadig. Dis ‘n rolprent met ‘n uitnamesituasie, wat sedert Christiaan Barnard al hoe alledaagser word. Die gevoelens styg aan tot moordlus, daar is ook baie vleeslike lus (wat waarskynlik in die Amerikaanse kolonië nie getoon word nie. Volkome oorbodig.) Maar daar is ook egte kleinode en verrassinkies betreffend menslike verhoudingswyse. Byvoorbeeld: „Sy het die rooi skoenrieme gehaat en ek wou haar nog bloues koop, maar nou moes sy dog met die rooies omkom.” Wat weeg swaarder in sulke onvoorstelbare omstandighede? Swaarder as wat? Die 21 gram van die titel het betrekking tot ‘n quasi-wetenskaplike feit, dat in die oomblik van sterf ‘n mens se liggaam 21 gram ligter word. Dit sou wel die gewig van die siel wees.

Dis in Kalifornië gedraai, of in Meksiko of VSA is nie seker nie, die meeste spelers het Spaanse name (Sean Penn het ek gesien gou verbyflits), en die filmstudio is vir my onbekend, ‘n dedikasie aan die einde is in Spaans. Dis nie ‘n mooi film nie, en hoewel dit etlike internasionale pryse sou gewen het, en die onderwerp en die tema heeltemal aktueel is, moet niemand daarvoor vyftig – of twintig – kilometers deur die nag ry nie.

My vrou kan bly wees dat sy nie saamgegaan het nie: Sy drink nie graag ‘n biertjie in die kroeg om die hoek om die aand te red nie.

©18e.November………oΩo……………………2012tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed