Jongste aktiwiteit:

Hierie Land (rap)

In elke dorp en elke straat
het iemand al hierrie land verlaat

moet ek bly
of moet ek gly
ek wetie my broe’ sê jy vi’ my
wie in hierrie land is genuine vry

die crime is kwaai
issie sad truth daai
wat die gove’ment steel
word met hul pelle gedeel
hulle ry met hulle se grênd karre rond
en vat left en right die mense se grond
van Madiba se droom is niks mee’ oorrie
die corruptes weetie wat hulle verloorrie

moet ek bly
of moet gly
ek wetie my broe ’sê jy vi’ my
wie in hierrie land is genuine vry

oppie plase in ons land
lê die bloed innie sand
op ons pavements lê die lywe
bedwelm van aaptwak skywe
die kinners raak wreed verkrag
en ve’mis en ve’moor elke dag
niemand het mee werk of geld ‘ie
ons volk het lankal ‘ie mee’ ‘n held ‘ie

moet ek bly
of moet gly
ek wetie my broe ’sê jy vi’ my
wie in hierrie land is genuine vry

two wrongs makie ‘n right ‘ie
ons kannie fo’ ever fight ’ie
apartheid moet vi’ alles die skuld mos kry
ma’ daai jare is lankal reeds ve’by’
leaders en criminal are all the same
ma apartheid is vi’ alles mos te blame
word wakke’, word wakke’
die land raak al kakke’

moet ek bly
of moet gly
ek wetie my broe ’sê jy vi’ my
wie in hierrie land is genuine vry

something tells me in onse straat
is ekke die een waddie land ga’ ve’laat

Lorraine Smit
2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed