Jesus ons Heer
Jesus ons Heer
Sou enige mens ooit waarlik die gesag verstaan
in die naam wat duiwels op die vlug laat slaan
daar is ontsagwekkende krag in Jesus se naam
dis die naam waarvoor ek my nooit sal skaam.
Sy genade is altyd onverdiend
Sy beskerming dikwels aan ons onbekend
sou ons in die gees kon sien en ervaar
sou ons eers waarlik besef hoe Hy ons bewaar.
Voor Hom buig die engele in eerbied neer
aan Hom kom toe al die lof en eer
die Weg, die Waarheid en die Lewe
wat in liefde die mense hul sonde vergewe.
Die Lig vir die Wêreld, soos deur die Vader bepaal
kom eersdaags terug om Sy kinders te haal.
So kom en aanbid Jesus Christus ons Heer
die Seun van God wat vir ewig regeer!
© Stephan Uys 2018/07/22
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.