
skemer
sagte pastel gekleurde wolke
sagte musiek uit strandkafee
vele harte raak stil en berus
woelige kleingoed raak stil
pastel kleure verander swart
bewegings verstil vroeg aand
sterre hemel wil vrolik glinster
naguiltjie sing haar eerste noot
rustig breek laagwater golwe
sagter die geluide van seevoëls
wat saggies neerdaal op strand
wat rotse by honderde beman
tussen alles staan my duin uit
stil eensaam heeltemal alleen
of is daar beweging in die man
wat sit en besin oor jare heen
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.