Aangename kennis
Herfsblaar is my naam winterson se somerskind wat snags sterre pluk. © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
My vals wysie (Opdrag 1)
ek sou graag wou – as ek net kon – soos ‘n van wyk louw die jaargetye vir jou bring dit in meesterlike eenvoud wou besing my woorde, die winterswit-genade wat in jou groei en ryper word uiteindelik tot volle wasdom kom, die vrug wat die geheimenisse van my siel aan jou ontbloot maar immer […]
Woordmaker (OPDRAG 1 – DIE DIGTER)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte, half voltooi woordklippies subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, steeds te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en safier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie besondere skeppingsvaardigheid om skoonheid, skaarsheid […]
Salon c’ést Moi
Dis ‘n Brazillian (nie wax nie, lol) blinkend styl is in die kol ‘n goudblond bob getoor uit gryse stekels foil met Shrek wat terugblik uit die spieël ook my ma se kyk en oudword kieste ‘n skramse flitse tob probeer ek mis – recoil En binne las extentions lokkerig gebondel-braid soos slange van Medusa […]
cool soos koos kombuis
Waarskuwing: my taalgebruik! cool soos koos kombuis (opdrag 1) met bandana en bravade woordmoord tot blourook donker rigtingloos rockster matroos hartseerstem digter musikant voëlvry verklaarde van bellville-oos catch22 van depressie septiese asem van saal ses lewende dood alleenlloop op papier doodbang drug addict en skisofreen debuteer in brekfis met vier digter andre letoit bourbon tassies […]
wiesek
wildehaar bossiedokter tarentaalkind se veer bont lewenspadlittekens dollossak vol seer berook beskonke bygelowige binnepret clairvoyance en custos van my bed bewaker van die kruie kruik praat ek blomtaal en blues gelyk met charisma sing ek die bosnimf ballade en balsem saggies my liefdesdade ©arin erasmus
Glapte pad
‘n pad wat my vêr terugvat op ‘n grasgroen kindwees huppel pad die onskuld droompad van ‘n kind wat geglo het as jy soek sal jy alles vind klippiespad van grootword en baie vrae vra skerp klippies wat voete steek as jy nie skoene dra die ligpad van verlief wees van weet jy’s nie alleen […]
‘N PLEKKIE VIR MY
‘N PLEKKIE VIR MY maak vir my ‘n plekkie in jou wêreld vir al my fieterjasies en tierlantyntjies vir my dwarrels en my warrels en my gedagtes wat soms soos onkruid vervuil maak vir my ‘n plekkie op jou werf waar ek my ryding vir ‘n rukkie kan bêre waar jy my kan navigate deur […]
Kan nie dans nie, net riel
ek kan nie dans nie, net riel maar laat rym woorde amper elke keer wanneer die blouvensters van my siel eufories raak, keer-op-keer as ek jou skoonheid aanskou wanneer my hart se ritme tamboer jou skoonheid op papier verbeeld en woorde uit my pen troebadoer om jou glimlag, glad nie grou te kwas, verkwikkend soos […]
Veilig in die nag
Veilig in die nag Die man wat net is op sy stil lawaaimanier met sy hande praat en gisterseer sag wegmasseer styf vashou en saggies streel oor lankalkurwes van ‘n moeë lyf wat dan geliefkoos voel altyd eerlik sê wat hy bedoel in die ernsblou van sy skitteroë tussen trane deur my laat lag eerlik […]