Herfs-vergiffenis (Opdrag 5)
tyd vir afstroping dieper kyk BESIN tyd om God te loof vir ‘n leeftyd van genade ewigheid gemeet aan tydelikheid van ‘n ondergaande son malse somers gou verby… hande wat soveel kon hou soveel verloor het elke rimpel diep gekerf bultende aarvate op brose herfsblare sal binnekort vergaan tot stof ©Evanthe 2018
Sirkelgang (Opdrag 5)
geel damp die stof in die laatlig van die son – poeiergoud – warrelend om en om soet geur van saagsels talm in die lug, galmend nog die saaglem se skrille krete of was dit dié van bome, oopgekloof jaarringe in sy oë getatoeëer sirkelgang van dood … en dié van nuwe lewe ©Estelle Rubow […]
Enkel belydenis (opdrag 5)
my liefling, dit was lente – ek wou laf wees (soos ’n kind) ek wou bloeisels ruik en langs lelies sit wat room kelk op some van ’n vlei tussen suikerbos en steenboksriet wou ek – naas jou – midde fynbos staan want dit was lente ek wou jou liefhê (dis maar al) © Carma […]
Die wêreld moet weet (OPDRAG 5)
As jou hart begin klop en jy dans grasieus jou hart klop dankbaarheid soos reën oor jou spoel goedheid en guns volg jou al jou dae gered deur Sy bloed en jy sing jou hart uit breek die stilte sodat die wêreld kan weet hoop, genade en liefde oorwin altyd © Charne Harding
Opdrag 5: In sinchronie
in jou oë is die kleure van my palet vasgevang en in mooi getooi van rooi vir liefde en geel vir sonskyn – sien ek my beeld wat teruglag en wink na ‘n skoon skilderdoek van nuwe môres waar twee hande in volkome sinchronie ‘n nuwe prent van gisters vergete skilder ©callie 2018
Sal jy my onthou
saans wanneer die son gaan lê en die sterre uitstrek om nag te sê en nag sy donker karos ontvou (soos beloof) sal jy my onthou wanneer wind roer deur dennenaalde en sy sagte stem kom hang aan ons ore – sal jy my onthou al lê daar spatsels trane van berou ©Cornien Naudé 03/08/2018
opdrag 4
en die leeus en monsters van die diep blou see het die brood en wyn met vraatsug weggesluk; krummels weggevee en onder die swellings van branders en varsvrotvleis die genadeboot omgetiep; die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos die eggo eggo eggo teruggeskree; en die leeus en monsters van die diep blou see het […]
Bring vir my geelperskereën (Opdrag 5)
Winter lek wonde agter rooikoperduine waar bokspoortjies blom in die stille gesuis van ‘n namibswind wat my denke opsweep met ongerepte liefde – s m a g t e n d na die appelkoosgeur van jou warm asem wat my lippe sag betas (soos geelperskereën) en die somer in my opnuut laat ontluik ©Loretta Szikra
ROOFDIER – OPDRAG 4
ROOFDIER silwer rond vierkantig bont sluipend kruip die dier vrolik (soos vaandels) wink versoekings koop liefde, koop geluk, koop ‘n droom! sluipend kruip die dier skuifel-skuifel tot in jou sak, tot in jou bloed tot jy verskrik in sy grypend greep verstrik tot jy met elke asemteug in skuld verstik © – Barbara Smit 02/08/2018
Rolverdeling (Opdrag 4)
het jy `ʼn ander rol vir my siende my Aspoesterpolvy (volgens agter-hand-gissery) nou `ʼn ander voet gevind het en my Griet verdwaal in die bos omdat jy vergeet om vir haar wit klippies te los: het jy `n ander rol vir my? © Denise van Rensburg 30/07/2018