ontnugtering (opdrag 5)
jy met die aarde in jou skurwe hande en die spookasemwoorde met die glinster van tienduisend sterre in jou lag en die swaartekrag aan jou vingerpunte het die mure rondom my kom afbreek en soos ʼn sandkasteel laat wegspoel in die diep blou see en toe het jy ook verdwyn © nadia nagel
Langbome toe (Opdrag 5)
die maan illumineer my trane wat deur die vlei van verlange vloei waar moederaarde met blom en blaar herinneringe laat kom en gaan oorywerig met die son in my sak loop ek blindelings teen die kranse van jou menswees vas en hang ek my drome op tussen die l a n g bome © Ryno […]
Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
Sal jy my nog liefhê (Opdrag 5)
My lief sien jy hoe bekruip die ouderdom my stelselmatig hoe my hande verkreukel verkrom van daar waar ons nog lag agter glas en gister se prag sal jy my nog liefhê as my liggaam padkaart en kieriekrom buk om vir jou te pluk ons – l i e f d e – broos (sonder […]
SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS kale voetjies sirkel spore sirkels rondom my soos jy groot word kring die kringe wyer en wyer vinniger al vinniger te vinnig om net een oomblik stil te staan by my draaie groter elke dag verder warrelend word jy om my ‘n skimme streep ‘n streep wat later heel v e r d w […]
klipdrif altaar (opdrag 5)
bloedbelope oë wat hatig staar vuil weekoue stoppelbaard slymstreep wang na mond drankasem walmspoeg bacchus brousel in ‘n glas roggelbrul waansin oophandhoue val smekend vir genade moeg ongesertifiseerde lus terapie ten spyt huis paleis pandok nog sewentig maal sewe dikbeneuk dronkgesuip sjarrap sjarrap ek maak jou vrek potbloustilte moeg ©arin erasmus
Ag, freakin’ vyeblaar, tog! (Opdrag 5)
Ek het oortree, buite grense, bo-oor die tou, binne-in die bol getrap. Ma skop onderlangs, want Oupa gooi sy loer: Ek praat te veel en kinders moet STIL! Dan bly ek in my hollow Hobbit-huis (dis so veilig hier). Tog glip ek soms nog uit en glips ek altyd weer!
Broosalleen (Opdrag 5)
Broosalleen (Opdrag 5) Sommer so sonder ‘n groet is jy weg en ek is brokkelbroos vergeet-my-nietjies en trosse reënblomme tuimel in my hart se storms emosieblare word gekneus en aan flarde geskeur beklemmende wurggrepe smoor hartskeurende rou smartkrete tot spasmodiese snikke en opgedroogte oë ‘n donker gat grynslag in swart ek voel purperbroos ©A Enslin
Meermin (Opdrag 5)
ek verstaan dat jy wil loop: die salpetersak is swaar my lief en sonlig ongefilter ek weet jy wil nie bly nie: die deining is te monotoon en rotstroon ongekussing maar voor jy landlangs loop oorweeg vlietend tog my wens in sand gevingerploeg vir jou: min- my-meer © Denise van Rensburg 07/08/2018
Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind neem ek telkens waar ‘n stukkie van U vaderhart staar in verwondering na die son wat soggens die lug met lemoenstof kleur dan borrel my wese oor van dankbaarheid voel ek skatryk en geseën want U liefde is onbeperk (dié) voedingsbron waaruit genade vloei ©Driekie Grobler