Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]
Nagloed – Opdrag 4
jou michelangelo-vingers omvou die bed se styl met jou stadige hand in rus bo jou kop ‘n albaste arm sag gespierd en warm ‘n vag okselhare soos goue waaigras in ‘n waas in Rome staan Apollo armloos (‘n Obeliks-glips altoos?) ‘n voël mag maar op sy klipkop mis want alles van die gode is nou […]
Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie Toegedraai soos die horison se blou soen op die see in mekaar toegedraai teenaan my onder wit satyn wat soos wolke wieg en waai met ritmiese, konstante branderrol oor die wye strand van jou lyf tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor) in mekaar toegedraai © Grootvissie Augustus 2018
OU BROEKJAGTER Opdrag 4
OU BROEKJAGTER Opdrag 4 Jy noem my ‘n ou (agterbakse broekjagter) agter jou deur staan die ou manne jagter wees versigtig wat jy van ander sê jy laat my skaterlag jy gaan vinniger as ekke lê jy noem my ‘n ou (agterbakse broekjagter) leer sommer vinnig hierdie les soos ‘n bok is jy klaar gekwes […]
swart voëls (Opdrag 4)
swart voëls in my wete wat wil ontsnap hul vlerke klap hul bekke skeur ek kan nie meer die swart voëls keer swart voëls in my wete wat wil ontsnap hoe laat ek die swart voëls vry as… (die een wat ek die liefste het) jy bitter seer gaan kry ©Evanthe 2018
parstyd (opdrag 4)
die liefde is blind, maar nie die bure nie die Wes-Kaapse wind waai koud deur die vrugbaarste wingerde vas teen my lyf, soos ‘n (gekneusde) perske vas teen my siel, soos (geparsde) druiwe en jy – my lief – raak dronk op die wyn van my seer die liefde is blind, maar nie die bure […]
Gesigloos – Opdrag 4
Gesigloos (Opdrag 4) jou onthou het afgesplinter soos skaafsels en jou woorde het gaan lê in ‘n (stil)prent getalle het skuilgegaan in verdwaalde syfers met frustrasie wat dans in jou oë onthouloos noem jy my naam voor jy neskry in gister se gister jou onthou het afgesplinter soos skaafsels in ‘n oomblik se vergeet Kopiereg […]
Bloupers beloftes (Opdrag 4)
In ‘n agterstraatse hoerneskroeg wakker sy woede aan soos hy sy selfopgelegde smart — wat met spyt en verwyte spoeg — teug vir teug die bodem van ‘n konjakglas inslaan en môre weer ingekleur agter donkerbril dik gegrimeer staar ‘n vrou vol pretensie deur bloupers omringnde lense — wat met spyt en verwyte spoeg — […]
Reisplan (Opdrag 4)
tussen twee spore van toe en nou staar ek deur glinsterende diamanttrane (hoopvol) na die belowende natuurskoon terwyl my vingers speels gly oor die kreukels van padkaartherinneringe tussen twee spore van toe en nou het die belofte van ‘n sewende hemel soos roet aan my handpalms kom lê – en net soos steenkool het my […]
opdrag 3
as ek die weet teen die strand van oggendgebed alleen met wens, skree en onvergeet in een bottel (halfvol) kan laat lê en as weet kan weet en weet kan DOEN: dan sal die mis van pisreën deur groen nek vanaand vir my die antwoord sê want mos, mos is mos groen ©stella sin: “”Ek […]