So onthou ek …
Ek raak bewus van loeiende sirenes wat al nader kom. Skielik is daar ʼn dringende klop aan my deur. My eerste gedagte … Wat het die bure nou weer aangevang? Ek maak die deur op ʼn skrefie oop. ʼn Jong konstabel staan voor my. “Mej. Roux?” “Ja?” Ek kyk hom grootoog aan. “U is onder […]
DANS MET DIE ROOI ROK
Dans met die rooi rok, die hartlam van my. Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai … Al in die rondte, vinniger en vinniger totdat die aarde ‘n draaiende waas om haar is. Sy draai en swaai en gly oor die vloer. Rooi rok. Draai, draai, draai. Mooi […]
VERLANGE
Ek maak die verweerde bruin koevert met ‘n dowwe pen-adres en datum stadig oop. Die seël se gom is droog en geel, die stempel oud, maar bekend. Ek trek die brief uit aan een van die omkrul-hoekies. Daars ‘n koffievlek op die buitekant. Dan vou ek die papier oop – dit skeur al op die […]
VERGETE
Wanneer mis in Mei oor die baai kom hang bring dit weer seer verlang. Op my onthoupad stap ek deur honderd gisters se soet en bitters. Die tyd bly tuimel sandkorrels deur vingers minute deur ‘n uurglas. ‘n Lewensreis voltooi kosmosse in die veld vandag hier more weg.
SAAMLAG
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een enkele noot in jou lewensimfonie een klik van die metronoom van ewigheid een korrel sand deur die uurglas se vloei die seepbel van ons saamlag splyt plotseling toe die skoot klap het jy soos water deur my vingers gegly in een sekonde het die wêreld stil […]
BOTTELTJIES DROME
Liewe Vader Krismis Ek skryf vandag vir jou omdat ek nie weet vir wie anders om te skryf nie. Moet tog maar nie die briefie opskeur nie, ‘seblief. Lees hom maar en sit hom iewers neer waar iemand wie se hart soos myne voel, dit ook kan lees. Jy sien, die saak staan nou so: […]
DIE SEESTERRETJIE
Dit is laat in die aand. Ek en ‘n goeie vriend wat ver woon gesels so effens op Whatsapp. Effens? Ja, so nou en dan sê die een iets en dan antwoord die ander weer ‘n bietjie later. Ek wil weet hoe kry hy en vroutjie die Vrydagaand om. En net daar vang hy my […]
Sop en sjerrie aande
Sop-en-sjerrie aande “Levinia, kom sny die koek!” “Wie se koek, my koek of jou koek, Katrien?” “Moenie jou stuitig hou nie, jou koek, natuurlik! Jy giggel verniet so lekker.” “Hierdie sop-en-sjerrie aande moet ent kry!” “Nee, hoekom Levinia?” “Die volgende dag is die ergste, jy weet mos, en my man het my al drie, vier […]
IN DIE LENTE VAN ONS LIEFDE (1194 woorde)
Die aarde is ‘n rooi stofwolk. Dat sy nou juis op so ‘n dag hier moet afklim! Annelie bind ‘n serp oor haar mond en neus en sien dat die meeste ander passasiers dieselfde doen. Iemand kry haar aan die arm beet. “Mevrou, ek is John. As ons uitklim, moet jy aan my vashou. Hierdie […]
Laat Lente
Laat lente © Ans Botha van der Merwe 15/11/2019 11:38 sou ek nie graag in jou arm wou wurm nie jou liefde teen my hartklop kon voel klop nie sou en nie graag jou warm asem teen my nek wou vasvang nie jou liefdes melodieë in jou stem wou hoor prewel nie sal ek nie […]