‘n Verlangversie (2)
ek verlang na jou soos ‘n waterval van ‘n klipkrans hou soos oewers na ‘n silwer stroom en riete om ‘n dam wil soom ek verlang na jou soos ‘n wildevy aan rotse klou soos ‘n aalwyn na haar winterblom en Namakwaland na die lenteson ek verlang na jou soos duiwe van die ooptes hou […]
Lees is …
Lees is ‘n vorm van gedagte op papier wat op Ipad tablet tydskrif en koerant op televisie Facebook Twitter Youtube en selfoon woorde is en soms slegs n stil fluistering kommunikasie van skrif na oë tot hardop lees is In kleinletters hoofletter mooi letters swart en kleurletters versier op my selfoon whatsup sms boodskap getik […]
Was ek maar …
WAS EK MAAR … Was ek maar ‘n skrywer gewees sou ek in Afrikaans met woorde wou toor my diepste wese met jou wou deel woorde skryf wat elkeen sou kon lees sinne lees wat almal sou wou hoor paragrawe wat harte sou steel Was ek maar ‘n digter van formaat woorde, sinne, verse wat […]
Jagtog
JAGTOG… Ons neem ons wapens op vol gelaai genoeg ammunisie teleskope blink en skoon gevryf stellings ingestel met driepoot gereed vir die jagtog mussie op die kop sodat die hare nie verwaai klim ons in ons Jimny ons sakkies om die lyf ek en chauffeur self ‘n jagterspêl en ons wapens om die nek of […]
reenboog
my reënboog laasnag in my drome het jy weer stil sonder woord na my gekom met jou kop sag teen my skouer geleun saam het ons gedwaal soekend na die pot goud, hand aan hand tevrede vertoef… en toe my oë hul lewe terugkry het jy glimlaggend gegaan opties soos my reënboog deur ‘n druppel […]
‘n Skoen van seisoen
Iewers op ‘n strand lӗ ‘n verslete skoen stukkend gegaan van seisoen tot seisoen Ek sien in my geestesoog herfsblare val grys oor verslete prag sleep die swart wind deur die koue nag Oor strande van mǒre vreet branders deur tyd gloeiend sal daar weer ‘n skitterson skyn Somer – immer gejaag deur die lente […]
ek wil skryf
ek wil skryf sonder woord my gedagtes pen sonder papier en soos ‘n boek sonder blaai, bly ek ‘n papie in ‘n kokon myself soos ‘n rusper toegespin kan ek dikwels leef van die sap wat ek vind in blom en vrug en die woord van ander so mooi, kom my voelhoring se dunste aar […]
Lied van die wind
Saans as ek le en luister, na die suis van die wind. Voel ek eensaam soos n weeskind, in die skadu van die somber duister. Ek hoor die roep van n kiewiet, wat aangedra word deur die wind. Totdat die lied my ore vind die lied van die nag kiewiet. Ek hoor die suis van […]
Noord-wes is die beste.
Noord-wes,oos wes,bly wes. Grasland,klipland bosland. Ja,wye vlaktes,ope hemel, vanBrits tot by Mafiking. Ongerepte bosveld lande teen die heuwels oor die vlakte n see van vee en pondokkies. Bonte huisies,geskilder soos die reenboog ontmoet jou oe hoe verder mens reis. Ja,Noord-wes is arm , maar sy hart klop warm. Die mens en natuur is een. Ons […]