Ouderdom apartheid.
Stede bring wanhoop vir alle kulture. Stede skep diverse verdeelde gemeenskappe, van taal,ras sowel as lewenskwaliteite onder kulture. Elke voorstad,woonbuurt het sy eie entiteite. Jeug,volwassenheid,skep n eiesoortige ouderdoms apartheid.
Net bang wees.
Moet ek net bang wees vir more die heeldag. Of moet ek net bang wees vir diep snydende seerkry . Moet ek dalk bang wees vir koue pragmatisme. Dalk,bang wees vir myself,my swaarkry. Of,te bang wees vir tweesnydende nepotisme.
Waarom stilbly.
Die ewige wagwoord is stilbly,en voorkom die seerkry. So baie kere hoor jy; sien jy net ander se hartseer en verslae afgestomptheid. Te maklik vergeet jy jou eie innerlike pyn,alleenheid. Word tog wakker,hoor,sien,die mooiheid Luister na die wekker binne jou bors wat skree. Voel,basuin,vergeet nou die planloosheid. Ek kan waaragtig nie nie meer stilbky,my menswees […]
Oggendstond
die son breek soos ‘n rooi papawer oor die kim terwyl die wind met sy rietjiesasem oor boomtoppe fluit en onder die Wildesering buig die roosknop eerbiedig soos ‘n bruid onder die kir-sang van die tortelduif © Anzé Bezuidenhout
Seisoenspore
die maanblom se geur rank vanaand ‘n sirkel om die sekelmaan terwyl my woorde bruê bou tussen gister en nou die geroep van die kolganskuikens breek die son en weef ‘n altaar met brokkies goue lig so draai die seisoene altyd op hul spore terug © Anzé Bezuidenhout
Hart-ritme
Jy is my winter se kagelvuur lente se wildste geur van jasmyn my somer se warm son my herfs se lekker bederf Jy is vier seisoene in een dag ek hoor jou in die wind se lag voel jou in die son se warm brand jy’s die opwinding in my hart na die reӫn se […]
JUIS NOU.
Juis nou,dat ek jonk is het ek jou ontmoet Juis nou,het ek bewus geword van jou as mens. Juis nou,brand die begeerte om jou vol lippe te kus. Juis nou,besef ek ek het jou lief. Juis nou,voel ek dat ek jou kan bied , dit wat ek het. Juis nou,is daar n verlede verby. Juis […]
Vergifnis van ‘n boer
VERGIFNIS VAN N BOER Ek is ‘n boer in murg en been my tyd op die aarde en aan my erfgrond geleen soggens vroeg word ek wakker gemaak deur die roep van die haan wat sonsopkoms ontwaak en ek die stomende koffie ruik en slurpies drink wat vroulief met liefde vir my in my beker […]
Karoo-gebed
Karoo Gebed Kom ons raak stil Stroop ons gedagte van dit wat skeiding maak tussen God en ons eie ek en menswees en die wereld se sondigheid en vra U wil om wolke nou in die land aan te raak druppeltrane na ‘n dors aarde te stuur waar ons menswees vrees om langer te stry […]
Trane van ‘n Boer
Trane van ‘n Boer Vroeg oggend voor die haan se kraai-wekker afgaan stort ek al klaar met ‘n stomende koppie koffie wat wag Knoop my hemp vas en trek my Valies aan soek eers my Toyota se sleutel en soen ‘n bekommerde vroulief totsiens vir die dag vryf Jock die staffie se kop en gooi […]