Onnodig.
Dis ngesuis en n gedruis Met n oorverdowende lawaai, by die kaai waar vaandaal Piet Boerpens staan en verwens en kap en slaan aan die hyskraan met n grote hamer, want hy kry die masjien gin jammer, as die ratte so krap . VirPiet Boerpens is alles mos n grap, want hy weet dat die […]
Najaars versugting
Gooi vir my ‘n blaar… roes bruin van die jaars verandering, om my te herhinder aan die gisters… wat groen en vol son was. Mooi en vol geluk, nie net die doodsheid van die winter… met nat vae dampkolle, om starende straatligte na twaalf. Want die lewe begin eers weer, as die son opkom © […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]
Nimbus van heimwee
Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas daar by die gekoekte knoop in ons las soos sandkorrels wat deur ons vingers val lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal. Jou sagte soene swaai nog oor my wang elke keer as ek so innig na my duifie verlang ek voel jou steeds bruisend aan my are […]
Verkragte kultuur.
Kulturele rassisme is soos om rassisme te verskuil. Dis ‘n dwaling van ‘n regsdenkende sienswyse. Verkragting van ‘n hele kultuur leefwyse, soos as vertroue geskend is, beteken jammer niks. Verskuil in ‘n manifistasie van ‘n verdeelde denkwyse.
Heel die geestelike wonde.
Soos n Dawid ,edel en rooi van gelaat, is jy Hannelie,van God n heler daar gelaat. Soos n borrelende,pratende genesende fontein. So sien ons jou siel meer as net n droe fontein. Jy,n stille engel van siel-en stukkende harte. Ja,jy’s meer as net n stukkie mens,vir almal bate. Doe so voort soos Maria,in jou edel […]
Onwerklik.
Ek skepsel het my hele wese tussen gister en more Iewers verloor of agter gelaat erens tussen die hel en die heelal Die werklik in onwerklik is te naby vir my;te~naby mekaar ook die waarheid en lieg te eerlik om te verstaan. Ek besef ekt my pas as Christen versaak net omrede ek my littekens […]
Vier siesoene wind
Hou my stywer vas in die winter die goudgeel son se strale skyn koud ӗrens in die verte diep in die donker In die die droë wind hoor ek die lied van lente my gedagtes draai en draai om al vier seisoene En in die skeiding van winter tot somer soek ek jou op ‘n […]
Mǒre drome
Om na die sterre te kyk is om terug te kyk al bestaan dinge nie meer van onthou in die winter se klou Kan ek dit nog steeds sien en voel en in die palm van my hand stukkies van die koue vashou Verby gister se vlerk voel ek die gedreun van mǒre in hier en […]