MY KARAKTER.
Ons almal leef in ‘n tydgleuf, met ‘n binne raamwerk Jou mening is jou eie in handeling of spreke Jy sal onthou word net vir die uitvoerbaarheid daarvan Besef dat die binne spieel van jou karater Moet wees die bedoeling deur jou dade verbaal of geskrewe
Die stilte in my
Die stilte in my Ek sit alleen langs die waterstroompie en hoor die stilte met my praat ja… Luister … sjuuuuut…. Hoor jy… die stilte in my psige wat met my praat diep gewortel vertroetel diep diep waar ek self daarna soek sagte melodieë in harmonieë barok speel diep in die stilte in my Sjuuuuut […]
Is ‘n digter dood?
Is ‘n digter dood? Ek as digter sit nou al dae lank wat vloei na weke maande met my gereedskap van oorspronklikheid denke inspirasie persperasie vakmanskap woordeskat kennis dissipline eksperimenteer talent deursetting glo in wat jy doen doelgerig wees vry wees verbeelding voor my Ipad my vingers gereed sag strelende musiek gereed wagtend vir daardie […]
Vir ‘n kameelperd
Hoe vry was jou gestalte toe jy deur grense breek. Teen elke oggend wat oranje, bly jou beeld nog vas gesteek. © Carma Shaw 24 Julie 2017
Het ek jou vertel
Het ek jou vertel, hoe die dag na nag verander sonder jou? Het ek jou vertel, hoekom die maan en sterre dof word as jy gaan? Het ek jou vertel, hoekom blomme soms verwelk as jy weg is? Het ek jou vertel. hoekom die lug blouer is met jou naby? Het ek jou vertel, hoekom […]
In sak en as
In sak en as Ek sit in sak en as oor dit wat kan wees is was geboë krom rug sonder fut energie met net sug wat woordeloos oor my lippe fluister en niemand om na dit te luister kommer deurdrenk gedagtes strek oor lee uitgestrekte vlaktes val oor die afgrond van niks wees en […]
Straatkinders langs die see
STRAATKINDERS LANGS DIE SEE As die oggendson se straalvingers lui lui vee oor koerantkomberse in ‘n ry teen mekaar met klein lyfies koud na die nag se ineenkrul terwyl die Kaapse mis lig oor die see met hongerpyne van die vorige dag nog nie opgeklaar en vol vuilisdromme deur die dag leë magies gaan vul […]
My vorige liefdes
So baie het eens op ‘n tyd my hart besit, en partykeer verlang mens na hul, maar jy kan dan net dagdroom, deur aan daai tye, goed en sleg, terug te dink, op daai liefdeskontrakte was ‘n nul, want ons het nooit, vir ons verhoudings gebid. Hard het ons aan daai les geleer, en vandag […]
Familie liefde
Soms kan mens nie jou familie vergeet nie, maak nie saak wat hulle verkeerd doen. Meeste van die kere kan jy hul ook nie kies, jy word baie vinnig aanvaar, en so baie goeie tye wat julle saam kan en kon deel, wees daarvoor dankbaar. Familie liefde, gaan nie net oor die en oor dat, […]