Bosveld
Haakdoring,knoppiesdoring,apiesdoring Bosveld jy is mos koning. Kliprand,bosrand,grasrand vir ander is jy nvreemde land. Bloulug,donderweer,stortreen vir ons bly jy n seen . Koedoe,rooibok,waterbok ossewa,perdewa,en sambok stofpad,gruispad,wildspad Ons hier glo in die Ewige pad. Sprinkaan,koringkriek en miskruier In ons bosveld word daar goed gekuier. Karee, blinkbaar,tolbos ons gaan jou nie los. Jy ishartlik,vreugde en rus. Jou warmte,kalmte [&h
Ek skryf ‘n sprokie
Ek skryf ‘n sprokie… Ek skryf ‘n sprokie vir jul twee ‘n meisie en seun kaalvoet langs die see uitbundig lag en speel jul vreugde van lugkastele bou van anderkant die duine deel Ek skryf ‘n sprokie vir twee van hande wat vol diamante op spierwit strande vee drome vol goud en silwer wat na […]
Kom ons dans in die reën
Dans in die reën Kom gee my jou hand en kom ons dans in die genade van Bo en in die reën kom ons dans in die reën met die wolke wat stort oor ons plesier en ons arms omhoog kan tiekiedraai in die hemel se trane wat oor ons speel Kom ons dans in […]
Voetspore in die sand
Voetspore op die strand Vandag kyk ek terug oor die sand op die strand op my v voetspore in die sand o oor golwe duinings branders e ek en jy dans droomverlore kaalvoet onder die maan t tel skulpies op s sonbaai op die strand en het p pret met vakansietyd o ons oë begeer […]
Armoede gedagtes
Armoede Hoe dikwels word ons gemeet aan hoeveel ons besittings is? Gou kom die uitspraak: sien: jy is : arm of ryk… Ou gesegde: in die sweet van jou aangesig – gewis sal jy jou brood verdien tot die dag dat jy beswyk… Wie is ons dan om te meet wie die regte rykes is… […]
Ritme van ons liefde
Ek kan die ritme, van ons liefde voel, dit klop-klop aan my hart, tok-tokkie, jou sagte hande strelend, oor my rug, ons siel is besig om in mekaar te spoel. Jy sit jou lippe op myne, tonge wat mekaar halfpad ontmoet, mag ons nooit ons liefde, vir mekaar totsiens groet, want ek sal enige iets, […]
Zander
Soos die Karoo windjie waai, kom daar weer verlange by my op, my hart wat dan nostalgies terugdraai, en op ‘n gelukkige plekkie stop. Dis Augustus, dit is die jaar twee duisend. My hart jubel van opgewondenheid, ek sit en televisie speletjies speel, my ma is sopas hospital toe, en ek gaan binnekort, my lewe […]
Herinnering van die wind
En die geraas en geskree en …. van die menigte mense krioel stampe en stote liefde, haat, ekstase Soms huil die wind saggies saam die seebries die gebruis van branders waai oor my hart se deinings Maar die sonskyn breuk deur geskeur in stukkies klein en kort het hierdie geraas stil geword
Agter die Magalies
O misterieuse kolos van n berg O soepel rustig wasige berg Jy troon soos n ware sieraat. Agter jou skadu skuil nruwe bosveld Rustige woonplek vir boorling tot antiloop In jou grootte,uit jou onbekende Straal daar n goddelike,magiese skoonheid. N sieraad waarlik heerser van die bosland,hartland. Saans as die soepel sagte skynsel van die sekelmaan […]
Skaam Kwaad
SKAAM KWAAD Ag wat n vernedering,totaal platgeslaan Waarom gebeur, 2×,kannie verstaan Ek steek my diepe seer,weg Skaam om iemand in die oe te kyk Kwaad vir myself ,weet hy was reg ROELF