Wilde waansin
‘n Stem roep in die woestyn en skielik sluk die windpomp ‘n droӫ sluk voor hy tot stilstand ruk Warrelende winterwind draai stof en sand om gister se flenters Saamlooppad omdraaipad doodlooppad! Verwronge droombeelde deurmekaar verstrengel lewe teruggedraai omgedraai, weggedraai Die lig groei! die maan wyk! die wolke skroei! Staan ‘n windpomp alleen vernietig verpletter […]
DOOD
Lewe na die dood ’n vooruitsig op siele in nood vir meeste is dit stof tot stof, vir ander ’n bangmaak woord. ©HMellet
My boekanier
op die wieke van ‘n boekanierskip is my liefde deur jou gekaap daagliks hang flenter emosies aan die mas vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn wapper jou ruwe seerower dors op elke asemteug wat klop-klop in die holte van my bors op soet klanke van ‘n vroetelwind wat dwelm en bottelnek trek en […]
Iewers
Iewers Die ou wêreld is deurmekaar soos ‘n omgeklitste roereier oral kook ‘n heksepot giftig oor daarom wil ek weg na Iewers, ‘n ongekarteerde ou stil plekkie net ek en my muse is afgespreek, ontmoeting is op die naaste horison, maar sy het my ontwyk al verder tot daar in die verweg mirages dus keer […]
DIE WINDPOMP LANGS DIE DAM
Langs die dam sing ’n pomp die lied van wind, bly ©HMellet Digvorm: Lantern
My Pasmaat
Ek het vir jou pienk malvas op my voorstoep geplant aan jou liefde bely in die mooiste neurie-klank ek sal weet wanneer dit jý is die een wat hier by my moet bly ons sal tydloos raak ek en jy en al is jy vir my nog naamloos is jy oral binne my om my […]
DIE PRESIDENT
Raai raai; wie kan dit wees? Die Gupta’s is sy grootste vrees. Hy reken hy is ’n goeie president, maar mors sy land se elke sent. Met ’n lekker warm stort wil hy vigs genees. ©HMellet
Nooit Weer
Nooit Weer Die stormseegolwe in jou gemoed is uitgewoed en het bedaar en die hart se onstuimige donderslae is herstel tot sy kalm ritmiese klop, want jy het vrede gemaak dat die verhouding verby is en merk ‘n wit vredesduif uitgelaat sweef verby in die blou pupillehemel en kondig die einde van jou droewige hartseer […]
Teen skemer
Teen skemer Ek het ‘n rooikeelfisant op ‘n miershoop sien sit, met ‘n sagte roep het jy nesgeskop, in die stil rivier van my bloed. Hoe jy in my are rinkink my hartklop die melkweg inslinger, die wind in jou oë verdrink in pupille van tyd. Die kabouter op die maan het klimtol gespeel met […]