AFWAGTEND
Sy asem diep in die vol buik bult vêr vooruit die kind woel in haar. ©HMellet Digvorm: Senryu
JY BREEK DIE DROOGDE
In ’n wêreld vol woestyne, is jy my grootste oase my lafenis in lewensdroogtes vir my is jy meer as net ’n fase jy, koning van die land van melk en heuning ©HMellet
LIEF
Ek het jou lief vlinders in die maag, omkrul tone lief lipaflek lus, erotise pulpitasies lief hartstilstand, vonkel in die oë lief vlinders in die maag, omkrul tone lief verslaaf aan jou teenwoordigheid hartstilstand vonkel in die oë lief van hier, tot by die maan en terug verslaaf aan jou teenwoordigheid lipaflek lus, erotise pulpitasies […]
So stil stil
So stil stil Dit bly onverklaarbaar hoe die liefde so saggies en ongesiens van iewers vandaan kom sonder om dit ooit sigbaar aan te meld en geduldig op die agtergrond bly om sonder opdringerigheid so incognito sy aura begin sprei in klein dingetjies en geleidelik onbewus merk jy die sagte kyk in die oë en […]
Lewe is kosbaar
Lewe is kosbaar Die lewe is kosbaar op enige ouderdom maar niks en niemand is ooit veilig almal is onrustig of vlug vir iets – – – Die bokkie in die veld wei onrustig en kyk kort kort op en bespied die wêreld vir jakkals of leeu in die langgras maar is magteloos teen die […]
Klosse goud
Staar ek oor die water staar ek na die horison en droom droom oor jou In die splinters van blou en die glans van goud jy is anderkant die blou berge jy is verby die horison se see Ek hoor die wolke reis weg tussen my luister ek wens ek kon verstaan hoe die sterre […]
Pure genade
Geen mooi woorde gaan nie die genade van die reën op die sinkdak die blitse en donderweer die vloei van die rivier perfek en reg beskryf nie: – dis pure genade. ©Roeline 27 Januarie 2017 9:18
Tante Johanna
‘n Sekere tante genaamd Johanna; Sy eet baie graag haar suur sultana, Maar sy sien toe ‘n mier En sy val teen die muur; Nou sit sy met mondvol gebreekte tanna! ©Roeline 5 Februarie 2017 8:00
SAND
Korreltjie, krieseltjie le hulle styf teen mekaar swel uit tot woestyn. ©HMellet (Digvorm: Haiku)